Gauteng

Die Konservatorium vir Kerkmusiek in Pretoria bied opleiding aan orreliste, op enige standaard vanaf beginners tot gevorderde werk, asook eksamens wat deur SAKOV erken word m.b.t. salarisvlakke.

Noordwes

Mev. Marieta van der Merwe (HPOS, BMus, UVLM), woonagtig in Mafikeng, is beskikbaar om werkswinkels aan te bied vir orreliste wat oor geen of min orrelopleiding beskik. Tydens die werkswinkels sal wenke en tegnieke m.b.t. registrasie, begeleiding en orrelspel behandel word. Kontak haar by 082 668 8335 of 018 386 2311 of jvdmerwe@loskop.co.za vir meer inligting.